Gerhard Calitz-Author
www.gerhard-calitz.co.za
December 9, 2011 by admin

Ewige Geliefdes

Jy is die een, my heil, my liefde
sonder jou sal ek nie kan oorleef
ek was deur al daardie jare alleen
maar nou is jy uiteindelik vir ewig by my
en daar is geen manier wat ek jou sal laat gaan

Twee harte het nog nooit ‘n sterker band gehad,
soos die een wat ons deel nie
‘n gevoel wat ons altwee bedwelmd laat voel,
wanneer ons mekaar omhels in passie
en ware liefde is die enigste emosie

Jy is die son op my maan
die engel agter my duiwel
die een wat my teenwigte voltooi
hou my meer stabiel as wat ek ooit was
soos ‘n verlore ander helfte, my sielsgenoot

Die jare sal gaan en die seisoene sal verander
Maar een ding sal dieselfde bly, ons liefde
Vir ewig soos die ego van klinkende simbale
bymekaar vir ewig selfs deur die dood
selfs na die einde van alle tyd

Jou aanraking, jou liefde, jou lippe, jou warmte
niks meer as die heel beste
die perfekte inhoud in mekaar se omhelsing
met die die krag en heerlikheid tot in ewigheid
jou ewige liefde is al wat ek nodig het

Jy is myne vir ewig en vir altyd
en ek is joune vir ewig en vir altyd
niks kan ons uitmekaar verdeel
en niks sal durf waag
om dié liefde tot stilstand te bring

© Gerhard Calitz. All Rights Reserved. 2011

  •   •   •   •   •
November 22, 2011 by admin

I am not sorry

You are sorry you have ever met me
probably saying you bumped your head
when you met me, when you loved me
but I was the one that made you laugh, made you cry

Dissing me as an idiot, plonker and a wanker
in front of your friends, left right and centre
you fucked with my mind, screwed with my heart
well can you truly say you never loved me?

I was your one true love as you once promised
well I was a real fucking idiot to believe that
so if you want to make me bad with words bitch
bring it on I am the fucking king of words

You think you are a real tough cookie don’t you
but you are not fooling this bloody plonker
I know you a real queen of hearts
hiding your tears behind that spurious brick wall

Years from now I will look back and won’t see you
because you will only be a grain of sand
you will drown in a sorrow pool of hate and despair
and this wanker won’t even fucking care

© Gerhard Calitz. All Rights Reserved. 2011

  •   •   •   •   •
November 22, 2011 by admin

Ellende

My lewe, my wêreld
My haat, my smart
My liefde, my jaloesie
My sonde, my prestasie
My ellende, my leuens

Reën stort uit die steenkool swart lug,
sinoniem met trane van ‘n gebroke siel
my lewe is nie maanskyn en rose
kyk nog ‘n keer en jy sal kan sien
dit is die een gebroke droom na die ander

Dit is hel op aarde elke dag
geen engel, net ‘n Verlosser om te kom,
geen uitweg nie, en geen pad terug
kan jy my gebede hoor?
kan jy my ellende sien?

Is als nog die moeite werd om te baklei voor
Ek lê binne-in myself vir ure aanmekaar
Gebreek. Leweloos. Deurmekaar
die trane wat ek huil, het geen betekenis nie.
die wonde sal nooit genees nie.

© Gerhard Calitz. All Rights Reserved. 2011

  •   •   •   •   •
November 16, 2011 by admin

Karma {kaàrmэ}

Yes I am dark, oh lord I am dirty
my mind is twisted, a bat’s nest
gave you all of my lovin’
gave you every bit of my best
but you left just like the rest

You believe in karma I know it
so let me tell you a little story
you begged for my mercy
you prayed on to the Lord for my love
you took it just to throw it away

Karma is your destiny too
one day you will find love again
and he will throw you away like a wrapper
the pain you caused me madam
will hit you in the face tenfold

But me lucky and very much in love now
and you are still miserable and alone
hey earl, karma has found a new bitch
and darling karma works just fine for me
I will be happy and you will be hanging from a tree

© Gerhard Calitz. All Rights Reserved. 2011

  •   •   •   •   •
November 15, 2011 by admin

Gewetenloos

Gruwel versprei oor die bors
bereik reg binne-in en byt dit uit
my kaal tande het jou emosionele
snare geknip

Ek het nie ‘n lem nodig gehad
want my woorde het jou net so diep gesny
gevoelens en vuil op jou wonde gevryf
vuil soort van emosie wat ek gegee het

Een geskeurde hart
greep met twyfel in my hande
ek weet ek kan nooit vergewe word nie
maar kan jy ooit van my vergeet?

Haat is ‘n sterk aggressie
dreun jou hartseer in die sypaadjie
my voet was bo jou hart
en ek het dit gebreek

Ek het nie ‘n wapen benodig
want my optrede was die ammunisie
om gate in jou tweede kanse te skiet
so het als weggewaai

Een geskeurde hart
gryp die masker wat ek verberg weg
skeur dit af en openbaar die ware my
ek is niks anders as ‘n ontroue monster

bo alles is ek rerig lief vir jou my engel
en ek sal my lewe spandeer om jou
hart weer myne te maak
al is dit die laaste ding wat ek doen

© Gerhard Calitz. All Rights Reserved. 2011

  •   •   •   •   •
November 15, 2011 by admin

Droom van jou

Ek kon droom van reënboë
kristal helder blou mere
‘n prinses wat van ‘n toring af seil
met haar hare in die wind
maar ek het van jou gedroom

Ek kon droom van gruwelose dinge
maar ek het van my en jou gedroom
het gedroom van ons fantasieë en drome
en fantasieë het die werklikheid geword
en bewys realiteit is saam met jou

Ek kon droom van uitbarstende vulkane
met sy rooi, warm suur water
van ‘n grimmige snyer se donker swart mantels
wat kele met sy sekel af sny
maar ek het van jou gedroom

Ek kon droom van die blomme en bye
Ek is geen perfekte mens nie
ek wens ek kon woon in jou werklikheid
vir jou my ware liefde wys
en bewys realiteit is saam met jou

© Gerhard Calitz. All Rights Reserved. 2011

  •   •   •   •   •
November 10, 2011 by admin

Stomende Passie

Stoom omvou die kamer saggies
vul dit met ‘n warm atmosfeer
ek staan onder die gedruis
met hoof gebuig wag ek vir jou

Ek weet jy sal na my toe kom,
Drome van passie in die borrelende stoom
ek voel jou agter my rug staan
jou liggaam teen myne

Ek lig my kop vanuit die gedruis
voel die water oor my vloei
stadig draai ek om na jou aangesig
raak verlore in die dieptes van jou oë

‘n Passie so diep en deurdringend
dat ek diep binne in jou siel kan kyk
ons twee liggame word een
ek vat jou liggaam met my lippe

Met sappige soet soene beweeg ek af,
stadig gaan ek op my knieë
soen jou saggies en sensueel
my tong wat jou tot op die rand bring

Jy lig my op om jou soet lippe te ontmoet
ek hou jou styf vas in my sterk arms
jy lig jou een been op en vou hom om my
die gevoel van orgasme vul ons saam,

Ons vermeng met die warm stoom
wat saam vloei soos water,
warm.. nat… gladde … spoelende water
ons liggame word weereens een

Ons vind ons eie soet vrylating
wasem vul die kamer saggies
ons klou aan mekaard
in die golwende wolke wasem

© Gerhard Calitz. All Rights Reserved. 2011

  •   •   •   •   •
November 7, 2011 by admin

Hart Roep

My hart roep uit in angs en pyn
diep binne my broei onveiligheid
verwarring gekruis met onsekerheid
gevoelens wat my heeltyd oorheers

Sal sy lief wees vir my ?
of is my gevoelens haar speelbal
elke dag ‘n nuwe misterie
elke aand voel ek hoe borrel die histerie

Spanning so dik soos my hart se littekens
kan baie kere nie asemhaal nie
die situasie laat my stembande bloei
en die trane deur my hart vloei

Met ‘n valse gevoel van hoop en hart
as die maan opkom en die son sak
bly die vraag nog onveranderd
Sal sy lief wees vir my?

jy pynig my deur jou verlede
Is daar plek vir my in jou “ons toekoms”
ek te besig om agteruit te beweeg
so gewoond daaraan om gebruik te word

© Gerhard Calitz. All Rights Reserved. 2011

  •   •   •   •   •
November 1, 2011 by admin

Dink Net

Laat ek hierdie een bietjie uitsit
en die teer van my sigaret inasem
ek gaan mooi toekyk hoe jy verkrummel
nes ‘n koekie in dié goedkoop koppie tee
jy weet ek het altyd van my Ricoffy gehou
jy is ‘n goedkoop namaaksel van menswees

Alles word vir jou gegee op ‘n silwer skinkbord
jy is soos ‘n prostituut vir gierigheid, niks meer , niks minder
jy is nog altyd bietjie obsessief en onseker
ek skryf oor die hartseer en die maan
jy sê dit is oor my my liefde se vergaan
waar kom jy aan die waansin, jy is waan

Jou woorde is soos valse orgasmes
wat deur my ore my verstand verkrag
so fokkof na waar ek jou nie kan sien
jou onpeilbare gemors van die ondergrond
gaan klim terug in jou emmer jou nageboorte

O ja, en terwyl ek besig is, ek hoop jy verstik
aan daai pille wat jy so kamtig drink
Ek hoop dit maak seer as hy eendag fokkof
en dat jy siek op jou maag gaan voel
dat jy so bang gaan wees dat jy huil

Elke dag saam met jou is soos,
om saam ‘n kind te lewe
wat aan sy ma se tiet suig
genugtig jy sal seker eers grootword
wanneer die Titanic eendag weer sink

© Gerhard Calitz. All Rights Reserved. 2011

  •   •   •   •   •
October 28, 2011 by admin

Secrecy

My thoughts go the way of evil
my heart gallops and will not stop
I can not sleep, my mind does not silence
there is a pulse between my thighs

The purple night is calling my name
I can not resist temptation
but I cried for mercy
I heard a voice in the distance

“Do not back up your feelings
riding the waves of lust
with your bulging muscled stallion
come to me, ignite your desire ”

No bad luck that encircles us
she gets out of her nightgown
she strokes the flesh of her stomach
I take delight in her nakedness

Her fillies stands proud
swaying between her arms
my stallion is beginning to neigh
on my marks, ready, go

The sweet thunder disappears
I feel the flames taking over
it burns brighter than ever
at last my stallion is freed

The adrenaline is pumping through my veins
my body thrillingly starts to grunt
my eyes explode like stars
my manly soul rises in ecstasy

At the end the floodgates opened
releasing the hot juices from my canal
I looked at her in admiration
because I gave birth to love

© Gerhard Calitz. All Rights Reserved. 2011

  •   •   •   •   •

Parse error: syntax error, unexpected ';', expecting T_STRING or T_VARIABLE or '$' in /home2/gerhcal/public_html/wp-content/themes/sixhours/footer.php on line 8